Kaizen Wealth Life Transformation

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Home Success Stories Charl Taljaard

Charl Taljaard

Ek is nou net oor die vyftig en was totdusver min of meer tevrede met my lewe.

Ek het 'n wonderlike vrou en drie pragtige dogters. Verder het ek 'n goeie werk wat my darem so nou en dan stimuleer en die pot aan die kook hou. Daar kom egter ook dae wat ek teen die dak wil uitklim van frustrasie.
 
Vandat ek vir myself begin dink het - so 35 jaar gelede – het ek na iets gesoek. Ek het baie gedroom oor wonderlike moontlikhede. Ek het egter die paadjie bly stap wat die meeste mense maar stap – kry 'n werk, koop 'n huis, smag na die volgende vakansie, probeer 'n goeie lewens stadaard handhaaf ens.
 
Soos die jare aangestap het ek 'n paar besigheids inisiatiewe geneem om myself te probeer bevry van wat ek ervaar het as 'n slawelewe by werkgewers. Vir verskillende redes het dit nie uitgewerk nie
 
Al het ek begin voel dat ek dalk nie gaan bereik wat ek gehoop en van gedroom het nie, het ek egter nooit moed opgegee nie. So het ek by Hannes se Property Pro kurses in 2003 uitgekom. Buiten my gesin, het dit vir my gevoel soos die eerste groot vooruitgang in baie jare. Ons het 'n paar eiendomme gekoop en goed gedoen. Maar ek het steeds gebuk gegaan onder baie “swaar stoele wat ek moes ronddra”! In 'n sekere opsig het gevoel ek is net besig met “shuffling the deckchairs on the Titanic”.
 
Die Kaizen Challenge, en wat het dit aan my gedoen?
 
Op 'n dag verlede jaar kry ek toe 'n uitnodiging om na een van Hannes se seminare te gaan. Aangevuur deur eie en vroulief Wilna se behoefte aan die “Wealth Creator” konsep, skryf ek in vir die program, insluitend die KC.
 
Wat 'n wonderlike ervaring! Ek het elke dag as deel van die oefening vir myself hoogtepunte en gewaarwordinge neergeskryf. Hieronder so 'n paar :
 
- Ek lei tot 'n mate aan perfeksionisme, veral in sekere hedendaagse omstandigdhede veroorsaak dit baie worsteling. Die Kaizen benadering is vir my 'n groot verlossing!
- Baie mense met wie ek te doen het en waarvan jy lees glo dat jy omtrent geheel en al deur omstandigdhede buite jou beheer word. Ek het nog altyd geglo dat jy vir 80% van dit wat jy is en het self verantwoordelik is. Nou weet ek dat wat die Waarheid is. Dit is wonderlik en 'n groot gemoedsrus om te weet dat God my die ruimte gegee het om self in beheer te wees van my lewe en te bepaal waarheen ek gaan.
- Die interaksie van bewussyn en onderbewussyn is wonderlik. Vir baie jare al spot ek met die idée van 'n “mannetjie” wat net tot 'n mens se verlossing kom as jy lank en tot laat in die nag met 'n probleem geworstel het. Dan eers kom hy na jou toe en fluister saggies die oplossing. Nou weet ek hierdie “mannetjie” is toe al die tyd my eie onderbewussyn!
- Ek beleef soms die effek van politiek in my werk baie erg. Mense bo en om jou wat verwag en aandring dat jy nie dink maar net doen soos hulle bepaal. Ek was dus baie ryp vir die KC en het dit as groot stuk bevryding ervaar, veral met die wete van waar dit my nog heen gaan vat.
- Ek besef nou ek het 1000x meer moontlikhede en vermoë as waaraan ek gewoond geraak het.
- Die dagstuk oor die palmsade het my ongelooflik laat dink en voel. Ek het my eie ekperiment gedoen deur 7 verskillende soorte saadjies in 'n deurskynende houer te plant. Dit was een van die wonderlikste visualiserings wat ek nog beleef het – die magdom van potensiaal wat opgesluit is in elkeen van hierdie klein goedjies! - die geduld waarmee elk wag vir die regte omgewing om tot volle lewe uit te spruit! - die wonderlikheid van verskillende tipe selle, elk met sy eie doel (wortels, stingels, blare ens). Maar daar was ook onverwagte ervarings - een mieliepit het nie ontkiem nie, net gevrot; verder het nie een van die kruisement en wortel saadjies ontkiem nie. So, dit gebeur ook dat nie dat alles uitwerk soos jy beplan nie.
- Dan was daar die stuk oor die ooreenkoms tussen jou en die weerligstraal. Die ongelooflike moontlikhede wat ooplê as jy jou interne vermoë en energie kan kanaliseer.
- Die vier beginsels vir 'n ligter lewe – Be impeccable with your words; Don't take anything personally; Don't make assumptions; Always try your best. Iets wat nou hiemee saamgaan is : feite is net feite, jy self belas dit met emosie.
- T.o.v. die beginsel dat, as jy weet wat jy wil hê, sal jy dit na jou toe trek. 'n Bekende skrywer wie se naam ek nou vergeet, het eenmaal gesê “If you are looking for something, you will find it is also looking for you”.
- Dieselfde uitdagings hou aan na jou terugkom todat jy sy les geleer het, todat jy sy wysheid ingeneem het en daaruit gegroei het.
- Die kleinheid van 'n begin bepaal nie die uitkoms nie.
- My gedagtes is soos 'n boodskaper wat ek kan stuur waar ek wil.
- My lewe is 'n refleksie van my gedagtes en geestelike ingesteldheid.
- Ek is beïndruk met PowerMorphing. Dis net jammer dat daar nie meer detail oor die proses en beginsels daarvan in die KC gedeel word nie.
- Oor die eietyd oefeninge kan ek baie skryf, die wêreld wat dit vir my oopgemaak het, die mate waarin dit my konsentrasie verbeter het, die rustigheid wat dit oor my laat kom as ek dit doen, die uitsien na die volgende sessie daarvan ens.
- In geheel het KC my veral anders laat dink oor baie dinge om my – by die werk, op die pad, oor die landsomstandigdhede, my finansieële omstandigdhede, my gesondheid en verhoudinge met veral my eie gesinslede.
 
En die mense direk om my?
 
Wat dit alles nog beter gemaak het was dat Wilna dit saam met my deurgewerk het. Ons het alles met mekaar gedeel en saam gegroei.
My oudste dogter studeer tans medies. Buiten haar normale voorgeskrewe studies, het sy reeds twee jaar gelede die wens uitgespreek om meer te leer rondom die rol wat jou denke en geestes ingesteldheid het op jou gesondheid. Ek dink die KC sal 'n uitstekende grondslag vir haar wees, buiten die persoonlike verbetering wat dit ook vir haar sal meebring.
 
Wat nou?
 
My vorige gewoontes het baie druk geplaas op twee KC aspekte – eie tyd en die daaglikse uitvoering van die KC doelwitte. Dit was dan ook die rede hoekom ek nie die KC in 49 dae voltooi het nie. Ek sal moet vasbyt om nie hierdie twee aspekte af te skeep nie.
 
Die volg van die Mentorship program is my volgende groot uitdaging. My toekomstige Kaizen doelwitte sal dus baie daarop gefokus wees.
 
Ek gaan ook weer die KC deurwerk. Ek wil veral ‘n Power Morphing proses as ‘n tweede natuur van denkwyse en lewensbenadering benadering vestig.
 
Baie dankie
 
Hannes, baie dankie vir die skep van die KC. Die persoonlike waarde vir my en vroulief is enorm, baie meer as die koste daarvan.
 
Aanhalings
 
Hieronder so ‘n paar aanhalings wat inpas by die KC lesse
 
"The only thing that stands between a person and what they want in life is the will to try it and the faith to believe it possible" - Rich Devos
 
“Abundance is not something we acquire. It is something we tune into.” – Wayne Dyer
 
“The real voyage of discovery consists of not in seeking new landscapes, but in having new eyes.” – Marcel Proust (1871 – 1922)
 
“What lies behind us and what lies ahead of us are tiny matters compared to what lives within us.” – Ralph Waldo Emerson (1803 – 1882)
 
“They must find it difficult … those who have taken authority as truth, rather than truth as authority.” – Gerald Massey (1828 – 1907)
 
“As long as you are seeking to find happiness 'somewhere', you are overlooking where happiness is. As long as you are seeking to find God someplace else, you are overlooking the essential truth of God, which is omnipresence. When you seek to find happiness someplace else, you are overlooking your true nature, which is happiness. You are overlooking yourself.” - Gangaji
 
“Let us not look back in anger or forward in fear, but around in awareness.” – James Thurber (1894 – 1961)


If you like this article, please click on the `Digg` image below. I'd appreciate it!
 

Follow Me

 FB twitter


Testimonial

Koos Botha
I cried to God for years and asked him to free me from the slavery of using force in my working environment and everything that is financial related. Of course I didn’t use the exact words then, but I experienced the slavery of working day and night and to still bring in only a small and very limited amount of money each month. I know what that Read more...
David Jacobs
Thank you for such an amazing wonderful 49 days. You have such a gift in how you structured the lessons and exercises. The lessons have been filed in a special folder for reference. It is just so enlightening how much Read more...
Marius Adams
The Kaizen Challenge is a time I can truly describe as the most exiting time of my life. A new birth for Marius Louis Adams! I grew up in a small mining town, where most people I known’s vision didn’t even reach the end of town. My life was mediocre. I never challenged myself. I never thought I could achieve anything that my parents or I could be proud of.  But then I committed my life to the Lord on 1 Read more...
Quinton Van Reede van Oudtshoorn
I have always been miserable in everything I do, because I always wanted something bigger and better.  I used to wake up in the morning and try to convince myself that I need to get up and go to work to get a pay slip the end of the month.  “That’s where money comes from”, I tried to convince myself.  You have to work hard to get somewhere in life.  I always knew that this wasn’t true, but I had to convince myself to be able to go forward in... Read more...
2009-10-02
Wealth Insight 2009-10-02 When the student is ready, the teacher will appear Are you ready for wealth? There’s a bit more to it than you think – you have to be the right person, and then the truth will come to you. I discovered recently that the $ sign in my Formula for Riches® does not just stand for your intention to make money. If you turn that $ sign on its side, it is a wave. And in the Formula for Riches®, it stands for being on the wavelength that helps you find the... Read more...