Kaizen Wealth Life Transformation

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Home Success Stories Elbe Foster

Elbe Foster

Die Kaizen Challenge het my omtrent heeltemal verander. Ek het myself nooit voorheen gesien as “een” met die skepping nie. Dit alleen was al klaar `n wonderlike besef en ervaring.Voorheen ek het met my voertuig net baie ongeduldig van punt A na Punt B gery en ek het my nie gesteur aan my omgewing nie. Nou kan ek egter verstaan hoekom ry die karre so vreeslik stadig oor die Kogelberg pas, waaroor ek gereeld moet ry. Dis seker die mooiste bergpas in die land, 22km al langs die see af met bobbejane in die pad en partykeer tot 6 walvisse in die see om na te kyk.

Twee weke terug het ek eers werklik besef hoe baie ek verander het, toe hier `n veldbrand by ons uit gebreek het. My huis was baie naby aan die brand en daar was `n groot kans dat ons sou moes ontruim.
 
Ek kon die paniek van die bure nie werklik verstaan nie en was baie tevrede gereed om net met my troeteldiere pad te gee as dit moet. Ek het dit toe vreeslik geniet om foto`s te neem van die brand en van die vordering wat die brandweer maak en die helikopters wat water gooi. Daar het ek besef dat ek is VRY van vrees, paniek en aardse goed en dit alleen was `n wonderlike gevoel.
 
Verder het my verhouding met ander mense ook baie verbeter, maar ek dink dis omdat ek niks meer so persoonlik opvat nie. Ek en my man was nog altyd beste vriende, maar ek dink ons is nou nog meer geheg aan mekaar. My man geniet my self vertroue wat ek nooit voorheen gehad het nie.
 
As dit nou kom by groot besluite neem, kan ons koppe bymekaar sit en al die verantwoordelikheid is nie op hom nie. Ek is vas beslote om die res van my lewe verantwoordelikheid te vat vir my eie lewe. Om negatiewe mense loop ek sommer wye draaie en ek kom agter dat ons vriendekring is besig om heeltemal te verander.
 
Wat Geestelik aan betref verstaan ek die Bybel nou soveel beter en sien wat die Here vir my wil se. Ek soek nie meer antwoorde vir ander mense nie. Ek glo ook absoluut dat ek hier op die aarde geplaas is om te “heers” en glo dat die Here my nog groot sukses gaan laat bereik. Ek moet net binne in Sy Wil bly……
 
My Powergoal is om `n vakansie plaas te begin wat anders is, nie nog `n wildsplaas nie. Die meeste christene voel skuldig as hulle `n naweek wegbreek, want dan mis hulle kerk en die kinders mis sondagskool en so aan. Nou het ek gereken om `n kerk op die plaas op te rig waar sendelinge sondae kan kom preek en dit moet `n baie interessante gebou wees met `n mooi tuin sodat mense daar kan kom troues hou. Die res van die vakansie plaas sal ek nou nie hier bespreek nie, maar ek beplan om dit te open met `n lugskou, want daar moet defnitief `n aanloopbaan ook wees.
 
Vandat ek `n bietjie meer as `n jaar terug begin het met die Mentoring Program het ek al klaar 20 kg verloor, maar ek het oefening so `n bietjie baie af geskeep. Nou het ek myself aan geleer om ver ente te gaan stap in die pragtige natuur waar ek bly. Ek bly nou al 2 jaar presies 1.4km van die see af en geniet dit nou eers ten volle.
 
My stokperdjie is om te skilder en ek moet se my skilderwerk het ook baie verander. Ek voel meer vry daarin ook en skilder nie meer wat mense wil he ek moet skilder nie, maar dit waarvoor ek lus is en die eind resultaat is baie beter. 
 
My toekoms kan net een groot sukses wees en ek kan net die Here dankie se dat iemand soos Hannes Dreyer die moeite doen om ons te wys wat ons eintlik veronderstel was om te weet, maar ons het oogklappe aan gehad. Dankie Hannes.


If you like this article, please click on the `Digg` image below. I'd appreciate it!
 

Follow Me

 FB twitter


Testimonial

Boitumelo Khantsi
It’s a strange feeling being different. You are aware of how you used to be but also how you are now....This is how I feel after the challenge. I know how I used to react to things & how I used to feel about them, but I know choose to feel & act differently. My day starts at 05:30. take a shower & get dressed. I then pray with my wife & leave for work. When I get to the office, I close my door & meditate. For 30 min I shut the world out & spend time... Read more...
2010-01-01
Wealth Insight 2010-01-01 Something to stick on your fridge No, it’s not a fat photo. It’s a list of some health basics that, if you follow them in 2010, can make a lifelong difference to your health. As always the truth is very simple yet somehow a great surprise. Here goes! Margarine is not a health food. Nor is any processed supermarket cooking oil. Your best bets are olive oil, coconut oil and believe it or not, saturated fats like butter. Processed carbohydrates like... Read more...
Ineke Prinsloo
Hannes, enjoying the academic learning process, I came to your property course expecting only a theoretical background to help me spring forward. Well, I was pleasantly surprised to find more than just the help for the 'effect' and discovered a spiritual journey, or rather the beginning of a spiritual journey that I have taken for granted in the 'noise' Read more...
Gerhard van der Merwe
  When I started the challenge I had a daily task of opening the news first thing when I got to the office. This made me wonder why I came back to South Africa as I was in the USA for 5 years, as everything that you read was negative. This also tends to make me negative Read more...
Jo Goode
I have always known that I am responsible for my own destiny – if I don’t like the way my life is panning out, only I can change it;  I cannot expect anybody else to do it for me. The big question for me was how?   I had been searching for something for so long, with the feeling that if I kept on looking eventually Read more...