Kaizen Wealth Life Transformation

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Home Success Stories Juhan De Milander

Juhan De Milander

Ek kan nie glo hoeveel dit vir my beteken het nie. Nie net het dit my uitkyk op alles heeltemal verander nie maar dit het my soveel meer positief gemaak. Vir my begin alles nou van binne, buite gebeure maak nie meer so baie saak nie en ek probeer my reaksie op dinge heeltemal tot die positiewe te hou. Selfs nou as ek negatief teenoor dinge reageer kan ek na die tyd weer daaroor dink en besef presies wat ek verkeerd gedoen het en die beste van als is ek kan dit actually erken ook. Iets waarmee ek nie baie goed in die verlede was nie.

Ek aanvaar nie net meer dinge soos wat ek dit sien of hoor nie en bevraagteken dinge heelwat meer. Ek doen nie net meer iets sonder om dit deeglik te oordink nie. Dit is nie altyd die vinnigste reaksie nie maar ek glo dit is die beste vir daardie spesifieke situasie.
 
Ek filter ook alles wat by my brein ingaan, niks kom meer sommer in sonder dat dit nie defnitief daar wil he nie.
 
Ek sien ook dinge soveel helderder en kan die 'skade' van massa media en ons gesondheidsisteem (onder andere) baie duideliker raak sien.
 
Ek kan sien hoe my ouers al so oor die jare gekondisioneer is om op 'n sekere manier te dink deur die media, die regering, ou tradisies en denke en ek probeer soveel ek kan om dit te verander maar as ek nie kan nie sal dit nie vir my 'n terugslag wees nie net 'n les in wat kan gebeur.
 
Ek besef elke dag meer en meer dat as ek nie vir myself dink en besluit nie is daar hordes 'sharks' amper wat in die ry staan om my gedagtes te beheer om tot hul voordeel te werk.
Ek kyk omtrent glad nie meer televisie want daarop besluit ek nie wat ek wil sien nie en self al kies ek iets wat ek dink nie te verkeerd is nie is ek steeds nie in beheer van watter advertensies ek mee gebombardeer word nie.
 
Ek lees baie meer want daar bepaal ek wat ek lees en as ek nie van iets hou nie kan ek dit oorslaan of neer sit en ek word nie verder deur dit beinvloed nie. My gedagtes is myne en niemand anders s'n nie.
 
Dit gaan nie altyd by almal baie goed af nie want ons almal ken mos maar die klomp wat altyd vir jou wil vertel hoe jy dinge moet doen maar dit is ook maar tough luck. Ek is nie hier om almal altyd te please nie en ek vat ook nie meer mense se 'opinies' so persoonlik nie. Ek het tot die besef gekom dat jy nie Rome in 'n dag bou nie maar dat jy elke dag 'n bietjie moet bou om dit op die einde klaar te kry.
 
Ek probeer nie meer om alles in een dag te doen nie en neem dinge baie rustiger, ek spandeer eerder elke dag 5min aan 'n probleem en het dit opglos na 'n week as wat ek op een slag dit in 'n uur probeer oplos en elk geval halfpad deur opgee net om maar weer more te probeer.
 
Ek probeer om elke dag net daardie klein bietjie te doen, net daardie een ding meer te doen as wat ek sou en ek weet elke bietjie help maak nie saak hoe klein en onbelangrik dit vandag lyk nie.
 
Ek is absoluut op my gesondheid ingestel, ek oefen gereeld en eet in kleiner maat, ek probeer ook om meer gesond te eet en om myself nooit op te hou inlig oor wat gesond en reg is nie, hier is dit ook weer belangrik soos ek vroeer genoem het van waar jy jou bronne kies, vra altyd wat die bron se motief is.
 
Ook het ek besluit om God oral deel van my lewe te maak, ek vergeet soms want dit was maar soos wat ek dit altyd gedoen het. Ek het my verhouding met Hom 'n baie belangriker plek gegee en probeer elke dag eers met gebed te open en dan af te sluit. God is oral en ons is so deel van Hom dat ons nie anders kan as om so naby aan Hom te leef sodat ons leiding kan kry nie.
 
Gaan kyk maar waar is mense wat hulle van God af distansieer. Ek dink by Hom is ook 'n uitstekende plek om te begin om te kan onderskei tussen wat reg en verkeer is en hoe om in sekere situasies op te tree. God is die alomteenwoordige Waarheid en met die Waarheid aan jou kant sal jy nooit kan verkeerd gaan nie.
Van hier af vorentoe gaan ek elke dag ten minste 30min in die oggend aan myself spandeer. Dit was in elk geval die tyd wat k aan die challenge gespandeer het.
 
In daardie 30min wil ek stil en rustig raak en oor die gebeure van die vorige dag na dink en dit assimeleer en verteer en my reaksie of volgende move beplan. so nie net wil ek in daardie tyd my dag beplan nie maar ek wil ook oor dinge na dink en oplossings soek vir probleme of geleenthede wat oor my pad gekom het.
 
Dit is die enigste manier hoe 'n ou kan bewus bly van wat om jou aangaan en hoe jy daarop gaan reageer. Ek doen dit nie omdat dit vir my 'n moet is of werk is of iets sleg is nie maar eerder omdat dit nodig is en ek dit wil doen want dit is die enigste manier hoe 'n ou kan groei.
 
Ek wil ook hier my doele nagaan en sien hoe ek daarop kan verbeter en dit vinniger of eerder beter haal. Die gewoonte is klaar daar en die fondasie is gele, ek dink ek het die bamboes elke dag water gegee en sal aanhou totdat sy wortels so diep en sterk is en totdat ek reg is om deur die grond te breek en te groei soos nog nooit te vore nie. Dit is vir my alles lekker en ek geniet die stilte tyd en oordenkings tyd so baie dat ek nie eintlik kan dink hoe dit sal wees as ek dit nie doen nie.

Hierdie 7 weke was soos ek aan die begin gese het ongelooflik, die hoeveelheid wat ek geleer het is ontelbaar. 
Ek dink nie daar kan 'n prys op dit gesit word nie, dankie vir alles wat jy my help ontdek het en ontsluit het.
Die fondasie is gele en ek moet net van hier af vorentoe daarop bou. Die goeie gewoonte is gekweek en ek moet net nou daarmee volhou.
Dit is vir my lekker om te leef en al hierdie dinge te kan ontdek. Ek kan nie wag om te sien hoe die dinge vorentoe gaan gebeur nie. Maar in die tussen tyd is ek maar geduldig en doen net al die regte dinge eerste.
Ek is klaar ryk in terme wat niemand kan meet nie en al die ander meetbare dinge sal met die regte tyd kom.


If you like this article, please click on the `Digg` image below. I'd appreciate it!
 

Follow Me

 FB twitter


Testimonial

Andrew Jordan
The Kaizen Challenge has had an impact on me in a number of ways. By believing in the universal power of thought and the connection of minds in the spiritual world, great achievements can be accomplished for benefit of mankind. By submitting your positive thoughts through Read more...
Johan Stroh
It is so nice to be a bird. Everyday I fly wherever I want. I see life from a completely different angle – a bird’s eye view. This view can be from directly above or from across the street…. And the things that I see are just awesome. There is this young man, Johan Stroh. I’ve been watching him for the last couple Read more...
Charles Mckenzie
My established thoughts have been challenged to look at other possibilities in a way that at times provoked conflict but at the same time it was thoroughly enlightening. Each day’s lesson was eagerly read and thought over with the application of small goals which in itself was a change of the usual habit following routine. Although not a religious course, a challenge to my thinking of religious matters came about many times and I think a whole lot of understanding and simplification... Read more...
Robert Martin
I approached the Kaizen Challenge at first very skeptically mainly due to the fact that I have already started reading self improvement books and though I know it all already. I had some successes but mainly failures (and mostly in terms of money). I never realized why as I thought as I exhibiting the right behaviors and Read more...
Hendrik Van Gass
What has this Kaizen program meant to me?  When I was a child, I was creative, positive and fearless. It was second nature to imagine something and go for it. But, over time, as a result of "society believes" --- some of these “believes” baseless and passed on through generation Read more...